Description:
Die korps 'Staatsartillerie van die ZA Republiek' se benaming is aan Wet No. 1 van 1896 ontleen en het vanaf sy ontstaan in 1881 'n verwarrende geskiedenis belewe. Sowel F.J. du Toit Spies, in Pretoria 1855-1955 (Pretoria, 1955) as G.N. van den Bergh in sy proefskrif Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek (Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1975) het oortuigende bewyse gelewer om hierdie uitspraak te staaf.