Description:
'n Omvattende reorganisasie van die Suid-Afrikaanse Weermag in die vroeë sestigerjare het onder meer voorsiening gemaak vir die skep van ses veggroepe met die oog op onkonvensionele oorlogvoering. Hierdie soort oorlogvoering het in Suider-Afrika gestalte gekry in toenemende terroristebedrywighede in Suidwes-Afrika, Angola, Mosambiek en elders.