W. Otto
Description:
In die Verslag van die Kommissie van Ondersoek na die Koordinering van Museums op 'n Nasionale Vlak (RP 113/1975), word vyf kolomme gewy aan historiese vuurwapens. Die kommissie wys op die belangrike plek wat vuurwapens in Suid-Afrika se wordingsgeskiedenis inneem en voeg daaraan toe dat geen museum in Suid-Afrika hierdie belangrike veld in sy uitstallings dek nie.